Keltiese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Wallis Cornwall Bretagne Skotland Man (eiland) Ierland Noord-Ierland |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Keltiese tale |
Onderafdelings: | |
Verspreiding van Keltiese tale: Deur 'n meerderheid Deur 'n minderheid |
Die Keltiese tale is die tale wat afstam van Proto-Kelties. Dit is 'n tak van die Indo-Europese tale wat deur die Kelte gepraat is, een van die eerste Europese groepe wat oor die hele kontinent versprei het. Die groep het uit die 5de eeu v.C. vanuit die sentrale deel van Europa getrek.
Kelties bestaan vandag uit vier lewendige gemeenskapstale, Iers-Gaelies, Skots-Gaelies, Wallies en Bretons wat op die randgebiede van state met ander meerderheidstale gepraat word. Twee ander tale, Manx-Gaelies en Kornies, het onlangs, Kornies in die 18de eeu en Manx-Gaelies in die 19de eeu, hulle status as gesproke gemeenskapstale verloor maar is die onderwerp van herlewingspogings. Benewens die randgebiede in hulle oorspronklike taalgebiede in Europa, word Keltiese tale ook in oostelike Kanada, Patagonië en deur verspreide groepe in die Verenigde State en Australië gepraat.
Keltiese tale wat intussen uitgesterf het, het ook die Romaanse en Germaanse tale wat dit verplaas het beïnvloed, soos byvoorbeeld die opname van 'n beperkte Galliese woordeskat in Frans en Keltiese invloed op Engels.[1] Oral ter wêreld word plekname met Keltiese oorsprong ook aangetref.[2]
Die sprekers van hierdie tale neem baie af en dit word veral deur Engels en Frans verdring.